Nuwe TOP 3 vir Oudtshoorn

Oudtshoorn het verlede Donderdag, drie nuwe aanstellings in die Munisipale Raad gekry, nadat mosies van wantroue ingedien, teruggetrek en geslaag het teen die vorige ampsdraers. Van links sit Suzane Jansen, Speaker (PA), Johan Allers, burgemeester (VF+) en Zoe Tyatya onderburgemeester (ANC). Foto: Oudtshoorn Munisipaliteit

Oudtshoorn se politieke landskap het die afgelope tyd opslae gemaak regoor Suid-Afrika, met die verkiesings van nie net een nie, maar drie nuwe ampsdraers. Oudtshoorn het hierdie week op televisie, radio, in die koerante en selfs op sosiale media platforms aandag getrek.

Die top drie posisies op die dorp naamlik burgemeester, onderburgemeester en Speaker het nuwe aanstellings op Donderdag 1 Augustus 2024 gekry, nadat mosies van wantroue in Julie teen al drie van die voormalige lede ingedien is. Johan Alles van die Vryheidsfront Plus het Chris Macpearson van die DA as burgemeester vervang.

Mziwoxolo Zwelakhe Tyatya, ook bekend as Zoe, van die ANC sit nou in die stoel van Vlancio Donson (van ICOSA) as onderburgemeester. Donson is aangewys as die onderburgemeester van die Tuinroete distriksmunisipaliteit.

Johan Allers, die voormalige Speaker moes sy pos bedank, om homself verkiesbaar te stel vir burgemeester. Suzane Jansen, van die PA is in sy plek verkies.

Die nuwe aanstellings het op Dinsdag 6 Augustus tydens ’n spesiale raadsvergadering hul nuwe posisies beklee, maar die vergadering is kort nadat dit begin het In-Komitee voortgesit.

Die Hoorn het vandeesweek met hul gesels om hul beter te leer ken en ook uit te vind watter kwessies hul na aan die hart lê.

Johan Jacobus Allers (58) van die VF Plus is verlede Donderdag as die nuwe uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn verkies.

Allers is gebore en het grootgeword op die plaas Zandvlakte, in die Baviaanskloof.

Sy familie van sy ma en pa se kant is van Oudtshoorn en De Rust onderskeidelik. Hy is getroud en is die trotse pa van vier kinders en vier kleinkinders.

Allers is al vanaf 1982 betrokke by politiek en vanaf hulle ontstaan in 1994 deel van die VF Plus. Volgens hom is hy deel van dié party omdat hulle beginselvas is met waardes, en dat die party ’n groot voorstander en kampvegter is vir die beskerming van taalregte en kultuur.

Hy het nooit in sy wildste drome gedink dat hy ooit burgemeester van Oudtshoorn sou word nie, maar sê dat daar beslis kwessies is wat hom baie na aan die hart lê en wat hy op gaan fokus noudat hy wel in dié amp is.

Dienslewering is verseker heel bo-aan die lys. Saam met dit gaan hy ook fokus op besparings, veral waar dit die belastingbetaler se geld betref, maar hy sal ook verseker kyk na die verfraaiing van die
dorp, veral die hoofstrate se middelmannetjies, en dat die dorp se sportfasiliteite op standaard is, wat sodoende sal sorg dat daar ’n inkomste groei in die dorp sal wees.

Toerisme, en die groei daarvan in die dorp, saam met die vooruitgang in landbou is ook kwessies wat vir Allers baie na aan die hart lê.

Op die vraag of Allers aandag aan die toilet tariewe-hofbevel gaan gee, was sy antwoord die volgende: “Vir seker. Dit was juis die VF Plus wat sedert 2022 teen die per toilet tarief gekant was en ’n soortgelyke stelsel soos in Kaapstad voorgestel het. Of inwoners hul geld gaan terugkry of nie is iets wat in diepte na gekyk moet word omdat daar sekere implikasies daaraan verbonde is”.

Allers verbind homself ook daartoe om klem te lê op die dinge wat daagliks probleme aan inwoners skep, soos slaggate, straatligte en onwettige stortings.

The newly elected Deputy Mayor of Oudtshoorn is the 41 year old ANC Councilor Mziwoxolo Zwelakhe (Zoe) Tyatya. Tyatya grew up in Oudtshoorn and completed his schooling here. He has been married to Mikhaile for 16 years and they have a daughter of 15 and a son of 7.

He says where he comes from there is no other political home than the ANC. When asked why he supports the ANC he said that he believes the ANC to be the one party that promotes a non-racial and non-sexist society and also strives to unite the masses through the GNU (Government
of National Unity).

With reference to his newly appointed position as Deputy Mayor, Tyatya said that he will focus on
good governance. “One of the responsibilities I have as Deputy Mayor is governance. We want to
speed up service delivery to all.”

The community in which he grew up and where he lives is close to his heart and includes “the poorest of the poor” and he wants to “ensure that Oudtshoorn becomes a place of opportunities,
especially for the marginalized”.

When asked if he entertained the possibility of becoming Deputy Mayor, Tyatya said that he joined the ANC of his own accord and not with the expectation of any position. “I am humbled to serve my organisation and more especially the community I grew up in.”

Suzane Anestine Jansen van die Patriotic Alliance (PA) is verlede Donderdag verkies as Oudtshoorn se nuwe Speaker. Sy is ’n boorling van Oudtshoorn met ’n jarelange belangstelling in politiek. Sy was lid van die ANC en het by die PA aangesluit kort nadat die party gestig is. Sy beskryf haarself as “an activist for change” waar politiek ’n deurslaggewende rol speel. As aktivis is sy veral betrokke
by die erkenning van menseregte en die opheffing van voorheen benadeelde gemeenskappe.

Sy sien haar rol as Speaker van die raad nie slegs om orde in die raadsaal te handhaaf nie, maar ook om te verseker dat die munisipaliteit se afdeling vir publieke deelname effektief funksioneer met die weergee van belangrike inligting aan die gemeenskap.

Sy glo in deursigtigheid en inklusiwiteit om te verseker dat die gemeenskap insae het in munisipale
kwessies wat belastingbetalers raak.

Op ’n vraag oor kwessies wat haar na aan die hart lê, sê sy dat vroueregte en benadeelde groeperings in die gemeenskap vir haar belangrik is.

Alhoewel Oudtshoorn reeds baie doen om vroue te bemagtig glo sy dat daar nog baie meer gedoen kan word en dat dit ’n belangrike deel van haar leierskapsposisie is.

Volgens Jansen het sy ’n tuiste by die PA gevind omdat dié party se visie en missie tot haar spreek. “I was raised with God at the center of my life. This is the core of the Patriotic Alliance.” Haar verkiesing tot Speaker was nie vir haar ’n verrassing nie aangesien sy altyd geglo het dat dit slegs ’n kwessie van tyd sou wees voordat sy ’n uitvoerende amp in die raad beklee.

Sy glo dat haar ondervinding in plaaslike- provinsiale- en nasionale regering haar goed voorberei het vir dié pos.

Op ’n vraag oor die kwessie van die toilettariewe waaroor daar reeds baie berig is sowel as die begroting wat in Junie goedgekeur is, is sy realisties en prakties. Sy wys daarop dat alle kwessies as items voor die raad moet dien en dat konsensus bereik moet word wat beide die munisipaliteit
en die gemeenskap se belange in ag neem.

Haar persoonlike gevoel is dat die hoë riooltariewe hersien moet word en ’n oplossing deur die raad gevind moet word. Sy huldig dieselfde sentiment met betrekking tot die begroting en sê: “There are various factors to consider. As a council we need to ascertain how we can go about the
matter and do what is in the best interest of the community.”

Sy gee die versekering dat sy as Speaker, die beste in haar vermoë sal doen om toe te sien dat Oudtshoorn se inwoners die dienste en ontwikkeling ontvang wat hulle verdien. Sy noem ook verskeie projekte wat kuns en kultuur, die jeug, vroue en sport insluit en wat deur haar kantoor
gemonitor sal word.

Bo: Johan Duvenhage (VF+) is op Dondedag 1 Augustus 2024, tydens die Spesiale Raadsvergardering as die nuwe hoofsweep van die Oudtshoorn Munisipaliteit aangekondig. (Foto: Tania Steffens – Oudtshoorn Municipality)

Foto bo: Die portefeuljevoorsitters vir die nuwe uitvoerende burgemeesterskomitee (MAYCO) is ook op Donderdag 1 Augustus, aangekondig. Die komitee is soos volg:
Voorsitter van die Finansiële Dienste Komitee: Colan Sylvester (OGI).
Voorsitter van die Korporatiewe Dienstekomitee: Dora Moos (ANC).
Voorsitter van die Infrastruktuurdienstekomitee: Nomsa Jaxa (ANC)
Voorsitter van die Gemeenskapsdienstekomitee: Abraham Tiemie (ANC).
Voorsitter van die Strategiese Dienstekomitee: Deandro Booysen (Advieskantoor).
Van links staan Sylvester, Jaxa, Tiemie en Booysen (Moos afwesig).
Foto’s: Tania Steffens – Oudtshoorn Munisipaliteit