Kopiereg – moet asb nie sonder toestemming gebruik

DIE Hoorn wil weer eens ’n beroep op almal doen om ons kopiereg op foto’s wat ons neem, berigte wat ons skryf en advertensies wat ons ont­werp te respekteer en toestemming te vra om dit te gebruik.

Foto’s wat deur fotograwe van Die Hoorn geneem is, berigte wat in Die Hoorn verskyn en advertensies wat deur ons grafiese kunstenaar ontwerp is, mag nie sonder toestemming van en erkenning aan Die Hoorn elders gepubliseer word, gebruik word, gereproduseer word of oor die lug voorgelees word nie.

Ons besef dat mense dikwels uit blote onkunde veral foto’s sonder erkenning of toestemming as hul eie gebruik of ons berigte sonder erkenning aan die skrywer en Die Hoorn voorlees. Ons sal almal se same­werking waardeer. (Deur Liesel le Roux)

Be the first to comment on "Kopiereg – moet asb nie sonder toestemming gebruik"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*