ANC-mosies teen speaker en burgemeester teruggetrek

MOSIES van wantroue in die DA-burgemeester en DA-speaker van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson (foto links) en Julia le Roux (foto regs), wat deur die ANC ingedien is, is Maandagoggend voor ’n raadsvergadering op Oudtshoorn onttrek, glo weens ’n tegniese rede.

Le Roux het met die aanvang van die vergade­ring gesê sy het ’n brief ontvang van die ANC-hoofsweep in die Groter Oudts­hoorn-raad, Jongilizwe Tyatya, dat die mosie teruggetrek word en weer by die volgende vergadering sal dien.

Indien so ’n mosie aanvaar sal word, kan die beheerstruktuur van die raad wat tans deur die DA saam met Sarco en Icosa bestuur word (met die ANC in oppposisie), verander na ’n raad wat deur die ANC saam met die ander partye beheer word (en die DA in opposisie). Sarco en Icosa sal dus so ’n mosie van die ANC moet steun vir dit om suksesvol te wees.

Die syfers lyk so: Om ’n mosie te laat slaag, is steun van 13 raadslede nodig. Met die DA wat tans 12 raadslede en die ANC wat tans 9 raadslede het, sal al die ander partye in die raad (Icosa met 2 raadslede, en Sarco en die EFF met een elk) die ANC-mosie moet steun om dit te laat slaag. (Deur Liesel le Roux)

Be the first to comment on "ANC-mosies teen speaker en burgemeester teruggetrek"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*