JAPIE Coetzee, bekende voormalige speaker van die Oudtshoorn Munisipaliteit en gemeenskapleier, het homself verlede jaar beskikbaar gestel om fondse en bydraes in die vorm van koopbewyse in te samel vir die Irma Bruchi Kankerhuis op George.
Die instansie se deure staan oop vir kankerlyers van die Klein Karoo-, en Tuinroete-area wat vir tot 6 weke daar moet tuis gaan, en mediese prosedures ondergaan soos bestraling of chemo by die onkologie-eenheid.
Hier word hulle versorg, ontvang met liefde en voel asof hul tuis by hul eie huise is.
Sedert hy verlede jaar met die projek begin het, was die ondersteuning van organisasies en individue oorweldigend en is hy dankbaar want dit verseker dat die huis steeds sy deure kon oophou. Hierdie jaar was die Raadslede van die Oudtshoorn Munisipaliteit die eerste wie hul hande diep in hul sakke gesteek het, en ook hul harte oopgemaak het vir die wonderlike geleentheid, en ’n bydrae te gemaak. “Dit het my baie opgewonde gemaak om te sien watter mooi voorbeeld die leiers van ons dorp, Oudtshoorn, is vir ander,” het Coetzee aan Die Hoorn vertel.
Hy daag ook ander Rade, organisasies, kerke, skole, besighede en individue in die dorp, en omliggende areas uit om hul voorbeeld te volg, en betrokke te raak met enige koopbewyse of donasies.
Coetzee kan gekontak word by 082 598 7273 vir meer inligting of om ’n besoek aan die instansie af te lê.
Hy sal ook enige donasies of skenkings optel by onderskeie besighede en instansies.
Koopbewyse gevra vir kankerhuis op George
Bo oorhandig Oudtshoorn Munisipaliteit se speaker, Raadslid Johan Allers (regs), die koopbewys aan Japie Coetzee (links) vir die Bruchhi Kankerhuis op George. Foto verskaf