DIE verval van die sportgeriewe by Towerkoppark, ’n sportterrein op Ladismith, tydens die Covid-19-pandemie is skokkend. Met ’n besoek aan dié terrein was dit duidelik dat vandale groot skade aangerig het, maar dat daar ook weinig instandhouding plaasgevind het. Die toestand van die rugbyveld het reeds groot konsternasie op sosiale media veroorsaak.
“Amptenare hou hulle die hele werksdag met politiek besig. Daarom lyk dit so. Dis ’n skande voor God,” sê een van Ladismith se bekendste politici, Jeffrey Donson van Icosa.
Leshmê Bosman, ’n prinsipaal van die dorp, lê die skuld voor die deur van die “onopgevoede deel van die gemeenskap”.
Dit is egter duidelik dat die verval veel wyer as net die sportgeriewe strek.
Tydens ’n afspraak by die Kannaland Munisipaliteit met Murushda van Heerden, waarnemende bestuurder: gemeenskapsdienste, en Andrew Bosman, hoof: parke, tuine en ontspanningsgeriewe, Maandag, het Van Heerden onmiddellik erken dat die gras van die rugbyveld versorging nodig het. Die munisipaliteit se “bossiekapper” het egter gebreek en daar is nie tans ’n grassnyer nie.
Volgens haar is die sportterrein op Zoar, 20 km van Ladismith, in ’n uitste-kende toestand omdat ’n opsigter wat onlangs oorlede is, daar voltyds toesig gehou en instandhouding gedoen het. Op Calitzdorp egter is dit ’n ander situasie. Sy sê hoewel R5 mil-joen bestee is aan die opknapping en herstel van die sportterrein daar lyk dit glad nie meer so nie.
“Daar is ’n besliste opvoedingstaak in die gemeenskap nodig. Toiletpotte word kwaadwillig beskadig en krane word oornag ge-steel. Gemeenskappe dink nie aan hul nageslag nie. Ek hoop die lesers van die berig besef dat hulle eie-naarskap moet neem van hul gemeenskapsinstellings en skuldiges wat byvoorbeeld ’n dam se omheining steel, by die polisie of die munisipaliteit sal verkla.”
Bosman sê by die swembad op Ladismith is reeds 12 swembadpompe gesteel. “Die munisipaliteit kan net nie aanhoudend herstel en vandale beskadig net en die skuldiges word nooit aangekeer nie.”
“Toe huisvesting in 2020 in die Gemeenskapsaal aan haweloses gebied is nadat hul informele behuising tydens ’n windstorm beskadig is, het van die haweloses deure van die Gemeenskapsaal weggedra. Ons sal weer herstelwerk doen, maar ons sal definitief klubs en organisasies moet laat betaal vir die huur van die geriewe van die munisipaliteit en hulle aan-spreeklik hou vir skade. Kannaland steek liederlik af by buurdorpe soos byvoorbeeld Riversdal en Laingsburg. (Deur Deon Meyer)
Kommer oor erge verval in Kannaland tydens pandemie
