Kom kuier by die Boeremusiekfees en mark

Konsertina-, mondfluitjie- en snaarklanke gaan besoekers en Oudtshoorniete dié naweek vermaak tydens die Grootvoël Boeremusiekfees.

Hierdie lekker voetstampfees vind vandag en Saterdag 27 en 28 September by Hoërskool Oudtshoorn plaas.

Kom luister na die melodieë van sewe boeremusiek-orkeste, soos Die Grootvoël Boereorkes, Die Kaapse Affodille, Baardskeerdersbos Boereorkes en oom Allen Green om maar ’n paar te noem.
Kaartjies is beskikbaar teen R200 vir die naweek, of R120 per dag.

Vir enige navrae kontak Radio Namakwaland by 079 350 7339 of Brian Nieuwoudt by 082 322 7526.

Die Hoorn se gewilde Gemeenskapsmark sal ook Saterdag vanaf 08:00 tot 14:00 by Hoërskool Oudtshoorn wees, spesiaal vir die Grootvoël Boeremusiekfees.

Kom kyk na die lekker en interessante items wat te koop aangebied word.

Vir navrae oor stalletjies, kontak Geraldine Grimbeek op 072 040 9413. Sien julle daar! (Deur Angelique Erasmus)

Be the first to comment on "Kom kuier by die Boeremusiekfees en mark"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*