Mej Suid-Afrika, Mia le Roux, het verlede Saterdag tydens haar besoek aan haar tuisdorp, ’n groot skenking wat deur die Nomads Suid-Kaap Gholfklub bewillig is, aan Eljada Nasorgsentrum oorhandig.
Sy het die oorhandiging van die sken-king ter waarde van R170 000 saam met die Nomads gedoen.
Haar besoek aan Eljada was een van talle geleenthede wat sy Vrydag en Saterdag met haar besoek aan haar tuisdorp bygewoon het.
Na afloop van die oorhandiging het Mia besoek afgelê by die mediese afde-ling van die versorgingsoord en tyd saam met elke inwoner spandeer.
Sy het in haar toespraak gesê dat sy graag wil sien dat besighede toenemend sal begin om mense met gestremdhede in te sluit sodat hulle drome ook bewaarheid kan word.
Volgens Gerda Swart, hoof van Eljada Nasorgsentrum, kry hulle nie die bedrag in kontant nie.
“Ons gaan ’n lys maak van al die behoeftes wat die nasorgsentrum het, waarna ons die Nomads sal voorsien van kwotasies en wat hulle dan vir ons sal aankoop”, het Swart aan Die Hoorn gesê.
Nadat Mia by Eljada was, het sy as deel van ’n konvooi deur die strate van Oudts-hoorn gery, waar sy met groot toejuiging deur inwoners langs die strate ingewag is. Haar besoek aan Oudtshoorn is afgesluit by die De Jagersportkompleks waar mense foto’s kon neem.
Be the first to comment on "Mej SA oorhandig skenking aan Eljada"