Kom haal asem met musiek en stories

Geniet volgende Donderdag, 17 Oktober, ’n storie- en musiekervaring met ’n verskil.
Die bekende en talentvolle Petronel Baard het tydens die Prins Albert Leessfees met digter en skrywer, Hannes Visser, saamgespan vir die produksie, Asemhaal.

Die Leesfees-aanbieding was uiters suksesvol en inwoners van Oudtshoorn het gevra of dit nie ook hier aangebied kan word nie.

Asemhaal is ’n reis met musiek, gedigte en stories wat die gehoor laat nadink, lag en selfs huil.

Die ontstaan van die produksie was ’n gedig wat Hannes vir ’n kunstenaarsvriend, Lourens Oosthuizen, geskryf het met Lourens se afsterwe. Dit is een van twee gedigte wat Petronel vir die produksie getoonset het en twee van Lourens se skilderye vertel ook hulle eie storie.

Kom geniet die aand by die Ostrich Emporium waar die Tall Goose restaurant se eet- en drinkgoed ook beskikbaar sal wees. Die vertoning begin om 18:30.

Kaartjies is R120 per persoon en kan by die deur gekoop word waar kaartfasiliteite beskikbaar is. Besprekings kan ook vooraf op Quicket gedoen word. Vir meer inligting skakel Hannes by 083 467 1522.