KLASSIEKE musiekliefhebbers kan gereedmaak vir ’n propvol program van klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.
Dié viering van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus in die Klein Karoo aangebied, met hope musiek deur ’n keur van Suid-Afrika se top klassieke musici. ’n Wye verskeidenheid werke word uitgevoer, wat unieke werke en kombinasies insluit.
Klein Karoo Klassique word aangebied deur die KKNK, met die ondersteuning van die Rupert-Musiekstigting, die ATKV, Le Lude en Rosenhof Country House.
Donderdagaand 3 Augustus om 18:00 speel plaaslike pianis Sulayman Human ’n program wat van die variasietegniek gebruikmaak in Let’s change tunes. Sy program bevat van die mooiste melodieë in klavierliteratuur deur Scarlatti, Beethoven, Mendelssohn, Schumann en Liszt. Kaartjies sluit aandete deur Tall Goose Restaurant in.
Vrydagoggend 4 Augustus om 10:30 is fluitspeler Louisa Theart en pianis Nina Schumann in Aquila Duo: Echoes of Arcadia te sien. Hulle gebruik ’n wye reeks musiekstyle en poog om lewe te gee aan Pan, die satiriese god van die natuur en Undine, ’n waternimf. Op die program is Albert Roussel se “Joueurs de flûte”, op. 27, Claude Debussy se “Syrinx”, Matthijs van Dijk se “Van Hunks”, Carl Reinecke se “Sonate Undine”, op. 167 en Gabriel Fauré se “Fantaisie” in. Die fees se eerste gratis musiekgesprek word hierna aangebied.
Erik Dippenaar (orrel & klavesimbel) en Ralitza Macheva (barokviool) bied om 16:30 in Variations ’n program van virtuose stelle variasies uit die Barok aan, waaronder musiek van Corelli en Buxtehude. Die program sluit ’n versameling nuut-gekomponeerde stelle variasies vir solo-viool in die Barokstyl, deur Montreal-gebaseerde komponis en vroeëmusiekspesialis Matthias Maute, asook ’n geïmproviseerde stel variasies op die orrel deur Dippenaar, in. Pianis Megan-Geoffrey Prins, tjellis Peter Martens en violis Suzanne Martens speel Sater- dagoggend om 10:30 in Harmony of Serenity: Arvo Pärt’s Musical Meditations Pärt se mees geliefde werke. Hierdie huldeblyk is ’n moet vir jarelange aanhangers van Pärt se werk, asook diegene vir wie sy musiek is.
In Sublime Sextets Saterdagmiddag om 14:00 speel Suzanne Martens (viool), Matthew Stead (viool), Petrus Coetzee (altviool), Jana Smit (altviool), Peter Martens (tjello), Rosamund Ender (tjello), Fèroll-Jon Davids (klarinet), Shannon Thebus (Franse horing) en Nina Schumann (klavier) Brahms se eerste sekstet vir strykers in B-mol majeur. Hierdie werk is die eerste noemenswaardige werk wat vir hierdie kombinasie van twee viole, twee altviole en twee tjello’s gekombineer is. Ernő Dohnányi se sekstet in C-majeur, op. 37, ’n asemrowende werk vir die ongewone kombinasie van viool, altviool, tjello, Franse horing, klarinet en klavier word ook gehoor.
Coenie de Villiers sluit vir eerste keer by Klassique aan en gesels na afloop van uitgesoekte uitvoerings op 4 en 5 Augustus met musikante, wat hul insig oor die musiek wat uitgevoer word, met hom en die gehoor deel.
Oudtshoorn se Burgersentrum en Banketsaal word as kern vir Klassique gebruik, met verskeie geleenthede om lekker in dié area te kuier. Feesgangers kan uitsien na smulkos deur Nostalgie Restaurant, heerlike wyne, koffie en ander lekkernye om die winterkoue te verdryf. Boeke, klassieke musiek CD’s en DVD’s is ook hier te koop.
Historiese wandeltoere word vir die eerste keer soggens om 08:00 deur Roydin Engelbrecht aangebied. Feesgangers kan op die gemaklike staptoer die uniekheid van verskeie belangrike argitektoniese geboue op Oudtshoorn ervaar.
Die volledige program is beskikbaar by www.klassique.co.za en kaartjies by Webtickets, by Pick n Pay of die KKNK-kantoor. Beskikbare kaartjies word ook voor elke optrede by die deur verkoop, onderhewig aan beskikbaarheid.
KLASSIEKE musiekliefhebbers kan gereedmaak vir ’n propvol program van klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.
Dié viering van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Donderdag 3 tot Sondag 6 Augustus in die Klein Karoo aangebied, met hope musiek deur ’n keur van Suid-Afrika se top klassieke musici. ’n Wye verskeidenheid werke word uitgevoer, wat unieke werke en kombinasies insluit.
Klein Karoo Klassique word aangebied deur die KKNK, met die onder- steuning van die Rupert-Musiekstigting, die ATKV, Le Lude en Rosenhof Country House.
Donderdagaand 3 Augustus om 18:00 speel plaaslike pianis Sulayman Human ’n program wat van die variasietegniek gebruikmaak in Let’s change tunes. Sy program bevat van die mooiste melodieë in klavierliteratuur deur Scarlatti, Beethoven, Mendelssohn, Schumann en Liszt. Kaartjies sluit aandete deur Tall Goose Restaurant in.
Vrydagoggend 4 Augustus om 10:30 is fluitspeler Louisa Theart en pianis Nina Schumann in Aquila Duo: Echoes of Arcadia te sien. Hulle gebruik ’n wye reeks musiekstyle en poog om lewe te gee aan Pan, die satiriese god van die natuur en Undine, ’n waternimf. Op die program is Albert Roussel se “Joueurs de flûte”, op. 27, Claude Debussy se “Syrinx”, Matthijs van Dijk se “Van Hunks”, Carl Reinecke se “Sonate Undine”, op. 167 en Gabriel Fauré se “Fantaisie” in. Die fees se eerste gratis musiekgesprek word hierna aangebied.
Erik Dippenaar (orrel & klavesimbel) en Ralitza Macheva (barokviool) bied om 16:30 in Variations ’n program van virtuose stelle variasies uit die Barok aan, waaronder musiek van Corelli en Buxtehude. Die program sluit ’n versameling nuut-gekomponeerde stelle variasies vir solo-viool in die Barokstyl, deur Mont-real-gebaseerde komponis en vroeëmusiekspesialis Matthias Maute, asook ’n geïmproviseerde stel variasies op die orrel deur Dippenaar, in. Pianis Megan-Geoffrey Prins, tjellis Peter Martens en violis Suzanne Martens speel Sater- dagoggend om 10:30 in Harmony of Serenity: Arvo Pärt’s Musical Meditations Pärt se mees geliefde werke. Hier-die huldeblyk is ’n moet vir jarelange aanhangers van Pärt se werk, asook diegene vir wie sy musiek is.