
Klein Karoo Agri het verlede Woensdag die 2de Verskaffersaand gehou, by hul hoofkantoor in Parkweg. Kliente het die kans gekry om die wye reeks produkte wat hul aanhou in die winkel te besigtig en kon ook met die verskeie verteenwoordigers van elke verskaffer gesels.
Die voerstoor is omskep vir hierdie geleentheid en sowat 30 verskaffers het hul produkte vertoon. Daar was ook heerlike vermaak met die sanger Riaan Benade, bekend vir trefferliedjies soos Rowwe Bliksem en Vat ’n Bietjie.
Later die aand is die geselligheid voorgesit toe daar aan heerlike skaapspit, ’n verskeidenheid slaaie en roosterkoek gesmul is. Die aand was beslis ’n groot sukses. Klein Karoo Agri het in 2018 die geleentheid vir die eerste keer aangebied. Foto’s Angelique Erasmus
