DIE Oudtshoorn Polisie skenk tans aandag aan klagtes van die publiek dat sommige taxi’s in die dorp nie ag slaan op die inperkingsregulasies nie, sê sers Gretchen Michaels, polisie-woordvoerder.
Bekommerde Oudtshoorniete het die afgelope week gekla dat party taxi’s nie meer hou by die perk op die aantal passasiers nie, en nie ag slaan op handreiniging en die dra van maskers nie.
Baie inwoners van die munisipale gebied is afhanklik van taxi’s vir vervoer werk toe asook om inkopies in die dorp te doen.
Volgens Michaels word die situasie tans gemoniteer en sal die polisie optree indien nodig. (Deur Liesel le Roux)