
Kersvader het Maandag in Oudtshoorn kom kuier toe die Kersliggies deur die Oudtshoorn Munisipaliteit aangeskakel is.
Elke kind wat die na die liggies kom kyk het is bederf met ’n pakkie lekkers.
Die takbokke rus nog uit vir die groot aand wat op 24 Desember 2023 vir hulle voorlê wanneer hulle soet kinders se geskenke gaan aflewer regoor die wêreld, maar Oudtshoorn se brandweer het Maandagaand vir Kersvader ’n geleentheid gegee, sodat hy nie die swaar geskenke al die pad van die noordpool af moes saamdra nie. Foto’s Die Hoorn

