
Die St. Luigi Scrosoppi Sorgsentrum, in Bridgton op Oudtshoorn het Woensdag 6 Desember 2023, hul jaarlikse Sinterklaas-partytjie gehou.
Hierdie is ’n hoogtepunt vir baie van die kinders van die gemeenskap, wat uit hartseer en moeilike omstandighede kom.
Vir sommige is dit die enigste vorm van Kersfees of kersgeskenk wat hulle ontvang. Vanjaar was daar 918 kinders wat elk voor die tyd vermaak is met kersliedjies.
Daar was ook heerlike ysies en stokkielekkers terwyl hul gewag het vir Sinterklaas.
Vanjaar is hy spesiaal deur Oudtshoorn se brandweer na die sorgsentrum geneem, die sirenes en flitsende ligte het omtrent die kinders opgewonde gemaak.
Daarna het elke kind ’n geskenkpakkie en ook ’n heerlike worsbroodjie gekry.
Wie is Sinterklaas?
Afgelei van Sint Niklaas. Sint Niklaas was die biskop van Myra in die vierde eeu, maar is bekend as Sinterklaas in lande soos Nederland en België. Hy was alom-bekend en bemin vir sy uitsonderlike naaste-liefde en het uit sy pad gegaan om armes en behoeftige persone by te staan.
Hy word vereer as die beskermer van matrose en kinders en was oorspronklik die model vir vandag se moderne Kersvader-figuur.
Die feesdag word jaarliks op 6 Desember gevier wanneer Sinter-klaas geskenke vir kinders uitdeel.
Sinterklaas is ’n Katolieke tradisie.



