1 180 nuwe polisiebeamptes

DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se uitpasseer parade het Woensdagoggend by die Oudtshoorn Infantrieskool plaasgevind. Daar is 1 180 nuwe lede.

Hulle vorm deel van die tweede groep van 10 000 pas-opgeleide polisiebeamptes.

Hulle maak deel van die inisiatief #morebootsontheground, waar 10 000 nuwe opgeleide beamptes vanjaar by die Suid Afrikaanse Polisiediens aansluit. Woensdag se verrigtinge is deur hooggeplaastes bygewoon, onder andere die Adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale. Foto Lindi Brill