Kannaland wil 3 raadslede ondersoek

Onderskrif: Jeffrey Donson (links) en Werner Meshoa. Foto verskaf

DIE Kannaland-raad het tydens ’n spesiale raadsvergadering verlede Woensdag (22 Junie) besluit om beweringe van reis-en-verblyfbedrog teen drie Icosa-raadslede te ondersoek, sê die waarnemende munisipale bestuurder van Kannaland, Ian Avontuur, in ’n persverklaring.

Die drie raadslede is Jeffrey Donson (voormalige burgemeester), Werner Meshoa (voormalige onderburgemeester) en Hyrin Ruiters (voormalige verteenwoordiger van Kannaland by die Tuinroete Distriksmunisipaliteit).

Volgens Avontuur het die beweerde bedrog in 2014 en 2015 plaasgevind en sal die speaker ’n verslag aan die raad voorlê met aanbevelings oor moontlike optrede.

Hy sê die Icosa-raadslede sal ’n regverdige kans kry om op die beweringe te antwoord. (Deur Liesel le Roux)