Kankervereniging se Relay for Life ’n groot sukses hier

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se “Relay for Life”, wat jaarliks ’n prettige oornag-spanbougeleentheid en fondsinsameling is, het vanjaar op die Laerskool Wesbank se sportveld plaasgevind. In die verlede is dit by die De Jager Sportkompleks aangebied, maar tans word opknappingswerk aan hierdie fasiliteit gedoen. Volgens Adri Odendaal (foto onder links), volhoubaarheidskoordineerder van Kansa se Suid-Kaap-tak, is hierdie ’n geleentheid om geliefdes wat aan kanker gesterf het te herdenk, en om hoop te gee aan dié wat nog die stryd teen kanker veg. Tydens hierdie geleentheid, wat gehelp reël is deur Ingrid Noble (foto onder regs), is mense wat kanker oorwin het ook vereer. Die sogenaamde “Luminaria” (foto bo) is ’n herdenking van mense wat die stryd teen kanker verloor het. ’n Sakkie met hul foto op, waarin ’n kers aangesteek word, het die sirkel gevorm waar rondom deelnemers aan die “Relay for Life” gestap of -hardloop het. Foto’s: Stefan Skapie Goosen