Leerders deur Oudtshoorn Rotariërs bemagtig

Die Oudtshoorn Rotariërs het Saterdag 11 Maart 2023 ’n werkswinkel by NG Parkgemeente aan sowat 25 leerlinge van Dysselsdorp Sekondêre Skool aangebied. In die sessies het die dogters geleer van entrepreneurskap, hoe om ’n CV op te stel en onderhoudvoering, finansies en hoe rente werk en ook tydens ’n werksessie geleer hoe om koeverte uit ou tydskrifte te maak. Daar was ook ses gassprekers wat hulle toegespreek het. Links bo: Lezelma Pretorius, Kim Soman, Christine Campher, Theresa Wolmarans, Cecile Olieslager, Wolma Wagenaar, Sabina Africa, Meryl Alexander en Juanita le Roux. Onder: Tydens een van die werksessies. Foto’s verskaf