ACVV Tuishuis hou gelukkige trekking

Die ACVV Tuishuis in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn het onlangs lootjies verkoop om fondse in te samel om hul gebou te herstel. Die eerste prys was ’n heel lam, die tweede prys was ’n dubbelbed gehekelde kombers geborg deur Mabel Storm en die derde prys ’n R200 Spur-koopbewys geborg deur Deon Olivier. Die eerste prys is deur Lize-Marie Stander gewen, die tweede deur Martha Holt en die derde deur Peter Jullies (foto heelonder). Bo is die reëlingskomitee, met André Viviers van Klein Karoo Agri - wat die dag geborg het - in die middel. Die komitee is van links Niné Saayman, Lukas Hopley, Alice Ungerer, Marie Schmidt, Isabel Weyers, Jeanette Beets en Sanél Rust. Foto’s: Stefan Skapie Goosen