Met slegs 21 dae wat vir 2025 oorbly, voor 2026 aanbreek met nuwe verwagtinge en uitdagings, is dit altyd goed om terug te kyk na die jaar wat verby is. Hier volg die jaar se hoogte- asook laagtepunte.
Januarie: Oudtshoorn matrieks spog. Die eerste dag van skool. Dave van der Walt vereer vir 50 sportjare. Boplaas spog met nuwe proelokaal.
Februarie: Skade na fratsstorm. Drie Fiësta-benoemings vir Oudtsoorn Swartmerrie. Groot fiets-ryeer vir Bence.
Maart: Hoërskool Calitzdorp bied ouerontwikkelingsessie aan. Noodsaaklike waterpyplyn word vervang. Groot pret by Leopard Crawl. Museum lok buitelandse toeriste. Oudtshoorn blink uit by Cape Town Cycle Tour. Vyf rekords spat by SA tweekamp. Klein Karoo toutrek presteer by SA’s.
April: KKNK oortref verwagtinge. Fourie en Tamaré presteer by SA’s. Splinternuwe Klein Karoo Markt maak deure oop. Klein Karoo Saad Sporttoernooi groot sukses. Nuwe lede vir Nahkesha na donkiekarrit.
Mei: Afrikaans amptelik 100 jaar landstaal. Allied-gebou in ligte laaie. SA Meestersatletiek op Oudtshoorn. DK&J-sekretaresse groet na 53 jaar diens. Kickboxers skitter by kampioenskappe. Sementpad nou spogpad. Van Reede trompoppies blink uit by SAMCA. Yolande breek 361 rekord. Reuben (11) inspireer ander.
Junie: Huis Triomf triomfeer. Raubenheimerdam loop oor. Drie Oudtshoorn duiwe onder Top 7 by skou. Maande lange opwinding tydens sportfees. Vier van Oudtshoorn skitter by WKOD distrikstoekennings. Jukskeiklub woeker om bane te verbeter.
Julie: Neppon warriors wen dominotoernooi. Ruiters pak 50ste Fauresmith perde-uithourit aan. Middedorpkwessies word aangespreek. Verloofring pronk aan Mia se vinger. Klein Karoo Kampoenskappe 2025. Klein Karoo Saad gee ruim skenking vir Eljada-nasorgsentrum. Oudtshoorn Boston Boys kosstalletjie beste by Bloem-fees.
Augustus: Meer as R100 000 opvoedkundige speelgoed vir voorskoolse sentrums. Rassie inspireer jong rugbyliefhebbers. Verkeersafdeling opgegradeer. Rugbylegendes kuier in Die Hoorn. Vier DKD-lede tydens aanval gewond – gevangene dood. Vrae en toeskouergeweld by rugbywedstryd. Besigheidskamer vier 85 jaar.
September: Afriforum-buurtwag beveilig Joodse begraafplaas. Rekenmeestersfirma dra by tot dieresorg. Op Kilimanjaro kruin ses maande na tragedie. Vrae na vrou se kanaaldood. Adjunkpresident vier Erfenisdag in Klein Karoo.
Oktober: Jimny-koors breek wêreldrekord op Louvain. CP Nel skuld afgeskryf. Oudtshoorn gasheer vir Iqhawe rugbyweek. Blinde en gesiggestremde fietsryers maak geskiedenis op Oudtshoorn. Klein Karoo Saad gee erkenning. Kersfees in Oktober: R400 000 skenking vir Vygieshof Tehuis. Elmine groet na 52 jaar. Daar’s ’n koedoe op my stoep.
November: Publieke deelname begin: 54 erwe op die tafel. Airport Hub promises economic lift-off. Dryland traverse – ’n fees in November. Combrinck tuinroete-polisieman van die jaar. Munisipale parkies uitgesluit van veiling. Oudtshoorn ysters verruil stof vir golwe
Lief en leed 2025:
Gedenkdiens vir Struisie leerkrag Yvonne Robinson. Skielike dood van Niel Els skok. Chris Visagie, steunpilaar van hegte gesin sterf. Johan Kock, bekende tennisspeler sterf. Annamarie Roeloffze sterf tydens staptog. James O’Connel sterf in vliegongeluk. Jay-Dee Klue sterf op sy verjaarsdag.
Die Hoorn wens elke leser ’n Geseënde Kersseisoen saam met geliefdes toe, asook ’n gelukkige Nuwejaar. Alhoewel die koerant amptelik vandag 12 Desember 2025 sluit tot Januarie 2026, is die span steeds reg om enige nuus of navrae op te volg. Kontak ons gerus of stuur ’n WhatsApp na 083 388 3684 of 076 606 2554.
Januarie – November 2025 se hoogte- en laagtepunte:
