Janien wen ATKV Digikuns

Janien Muller

Bo: Janien Müller se wenkunswerk tydens die ATKV Digikuns kompetisie. Foto verskaf

Janien Müller, ’n leerling van Langenhoven Gimnasium en ook die meesterbrein agter Die Hoorn se Kieter en Kat stro-kiesprent het die week weggestap as die wenner van die ATKV Digikuns in die kategorie gemengde medium (17 – 20 jaar).

Haar inskrywing getiteld ’n Tuinroete reis, het ’n voorstelling van ’n Lemur in potloodskets gehad. Waterverf is vir die oë en mond gebruik, en prente is gebruik om ’n collage te maak.

Vanjaar is die 5de ATKV Digitale kunskompetisie. Die tema was “Op Reis”. Daar was sewe verskillende kategorieë. Hulle was sketse, skilder, collage, beeldhouwerk, fotografie, oorspronklike digitale illustrasie en gemengde media, wat elk ook in sewe ouderdomskategorieë ingedeel is.

Persone van 5 tot 60 jaar en ouer kon aan een of meer kategorieë deelneem. Die kunswerke is op die ATKV se Facebookblad geplaas en stemme het op 26 Mei 2024 gesluit. Welgedaan Janien, jy maak Die Hoorn trots!