Is daar verdeeldheid in plaaslike ANC?

IS daar krake binne die ANC in die Groter Oudts­hoorn? Dit was sedert verlede Donderdag die vraag op inwoners se lippe nadat ’n groep ANC-ondersteu­ners buite die munisipale gebou onder meer die aanstelling van die dorp se ANC-burgemeester, Chad Louw, bevraagteken het.

Who is the real mayor? het een plakkaat gelui. En ander: We voted not the province, en nog een eis werk: we voted we demand EPWP work now!

EPWP verwys na die regering se Expanded Public Works Programme wat tydelike werksgeleent­hede vir mense bied.
’n Video met die plakkate se bewoording op, is onder meer op die Facebook-blad Openbaarma­king in Oudts­hoorn geplaas. In die video is die betogers nie sigbaar nie.

Die Hoorn het ook anonieme boodskappe van inwoners ontvang dat sekere ANC-ondersteuners met die betoging druk op Louw probeer plaas het om vir hulle werk te gee.

Die Hoorn het ’n na­vraag aan Louw gestuur oor die betoging, of daar toestemming daarvoor gegee was en ook oor die bewerings van verdeeldheid en druk op hom om werk aan sekere mense te verskaf. (Deur Liesel le Roux)