Bridgton-kaartjie wen Lotto-miljoene!

’n Werklose vrou van Oudtshoorn met maatskaplike toelae as haar enigste inkomste om ’n gesin van vyf te onderhou, was die wenner van die Lotto-boerpot van R14 miljoen op Dinsdag 7 Desember. Volgens Ithuba, wat die nasionale lotery bestuur, is die vrou baie bly en dankbaar, en wil sy graag ’n groter huis bekom in ‘n beter omgewing.

Ithuba bied gratis finansiële advies aan wenners en ook berading aangesien baie mense trauma ervaar nadat hulle skielik soveel geld tot hul beskikking het.

Die vrou het R80 bestee aan lottokaartjies en die nommers self gekies. Sy het die wenkaartjie in Bridgton, Oudtshoorn gekoop.