Volgens ’n mediaverklaring wat vanaf Nadia Blaauw, ICOSA (Independent Civic Organisation of South Africa) se mediabeampte ontvang is, is die skorsing van Jeffrey en Vlancio Donson deur die party se provinsiale voorsitter, Dawid Kamfer deur die NEC (Naionale Executive Committee) as onwettig verklaar.
Jeffrey Donson bly dus aan in sy posisie as President van ICOSA en Vlancio Donso as ’n lid van die NEC.
In ’n noodvergadering is beide Dawid Kamfer en Benjamin Marsala uit hul posisies verwyder. Die nuwe Provinsiale Voorsitter is Bianca Booysen en Gert Uithaler is as Provinsiale Ondervoorsitter verkies.
“ICOSA bly gefokus daarop om die mandaat uit te voer van ons kiesers en sal nie ontspoor word om die gemeenskap te dien nie,” lui hul verklaring.
Chris Macpherson, uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn het aan Die Hoorn gesê dat kwessies van ICOSA intern is en nie die huidige koalisie beïnvloed nie. “Ons raak nie betrokke by interne politiek van koalisie partye nie,” sê hy.
ICOSA skorsings onwettig
Jeffrey Donson (links) en Vlancio Donson (regs).