Hulp vir Cango Wildlife Ranch

Bo: ’n Red-Rimped Agouti is nog soek. Onder: Opruimingswerk is tans nog aan die gang. Heelonder: Kruiwa na kruiwa modder is al wweggery.

Die Cango Wildlife Ranch net buite Oudtshoorn is steeds besig met opruimingswerk na verlede week se vloedskade.

Tammy Moult, assistentdirekteur het gesê dat hul werknemers en vrywilligers vasbyt en elke dag hulle harte uit werk om op te ruim. “Woorde kan nie beskryf hoe toegewyd en pligsgetrou hulle dag na dag, kruiwa na kruiwa vol modder en ander vloed rommel opruim nie,”.

Enige skenking van die volgende items is welkom en kan by die Cango Wildlife Ranch afgegee word.

Tuinslange en hul “fittings”, komberse en handdoeke, diere kratte, ou speelgoed, groente en vrugte vir diere, tou (plastiekloos), nette, water-stewels en handskoene, houtpalette, tweepunt- kragproppe en verwarmers.

Die Red-Rumped Agouti wat tydens die ontruiming ontsnap het, is ook steeds soek. As enige persoon hom gewaar moet hy/sy asb. die Cango Wildlife Ranch by 044 272 5593 kontak. (Foto’s verskaf)