Huldeblyke stroom in

Sam Aubrey Duiker. Foto: Facebook

DIE Klein Karoo moes verlede week afskeid neem van ’n man wat diep spore in sy ge­meen­skap, in die onderwys en in plaaslike re­gering getrap het.

Sam Aubrey Duiker (68), ’n oud-burge­mees­ter van Calitzdorp, oud-skoolhoof van Laer­skool Execelsior en voormalige waarnemende kringbestuurder van onderwys, is op Woensdag 13 April na ’n lang siekbed oorlede.

Talle mense het op so­siale media-groepe huldeblyke oor Duiker geplaas en hom as ’n gemeenskapsleier, le­gende, ’n man van integriteit, altyd vrien­delik en ’n steunpilaar bestempel. Hulle het sy humorsin en sin vir regverdigheid en wat reg is, geloof.

Duiker word deur sy vrou Hilda oorleef. (Deur Liesel le Roux)