Vir matrikulante regoor Suid-Afrika en ook in die Klein-Karoo, was die opwinding hoog, en vir ander senutergend, terwyl daar Vrydag, 20 Januarie vir die amptelike matriekuitslae gewag is.
Oudtshoorn se matrieks het fantasties presteer met Langenhoven Gimnasium wat spog met 13 A-kandidate en ān slaagsyfer van 98,1%. HoĆ«rskool Oudtshoorn het net so goed gevaar en kan met reg trots wees op hul 10 A-kandidate en ān slaagsyfer van 97,1%. Fezekile SekondĆŖre Skool het ān 2% verbetering in hul slaagsyfer getoon wat van 84,9% in 2021 na 86,3% in 2022 gestyg het.
Protea HoĆ«rskool se het ook goed gevaar met ān slaagsyfer van 78,6%. Nog ān skool wat groot rede het om te spog is MĆ“rester HoĆ«rskool wat hul gemiddeld vir 2022 opgestoot het met meer as 8% na 81,9%, teenoor 2021 se 73,3%.
Bridgton Senior SekondĆŖr is net so in hul noppies met ān slaagsyfer van 80,9%.
Die Wes-Kaap was vanjaar vierde in Suid-Afrika wat slaagpersentasie betref. Die meeste van Oudtshoorn se skole het die gemiddelde prestasie oorskry van die Eden- en Sentraal-distrik (83%) sowel as diƩ van die Wes-Kaap (81%).

Fezekile Secondary School Matrics of 2022

Burgemeester van Oudtshoorn, Chris Macpherson en Bridgton Senior SekondĆŖr prinsipaal, Phil Mooney, omring deur die skool se matriekklas van 2022 oomblikke voordat hulle hul eind-eksamen uitslae ontvang het. Die opwinding en afwagting in die skoolsaal waar almal bymekaar gekom het was tasbaar. Beide Macpherson en Mooney het woorde van bemoediging en gelukwense vir die leerders gehad, wat nou hul eerste tree die toekoms in neem. Foto: Stefan Skapie Goosen