Hondeskou hierdie naweek 9-11 Junie 2023

Die jaarlikse hondeskou vind hierdie naweek vanaf 9 -11 Junie 2023 by Hoërskool Oudtshoorn plaas. Daar is geen toegangsfooi nie, en dit bied vir inwoners die geleent-heid om pragtig geteelde honde van nader te bekyk. Hierdie is al die 47ste jaar wat die skou op Oudtshoorn plaasvind. Vir meer inligting oor die skou, kontak gerus vir Gerla Anderson op 074 433 2677. Foto: Hoorn Argief