80 Musikante en sangers eerste keer in Oudtshoorn

Die gewilde Tuinroete Orkes en Koor, Carpe Musicam! tree vir die eerste keer in Oudtshoorn op!

Hulle konsertreeks getitel: “All Creatures Great and Small”, word Sondagmiddag 18 Junie 2023, 15:00 in die Burgersentrum aangebied. Al die items op die program handel oor diere.

Die Carpe Musicam! Jeugorkes sal agtergrondmusiek verskaf en ook aan uitgesoekte items deelneem.

Kaartjies is te koop by www.carpemusicam.co.za of kontak Elsabe Barkhuizen by 073 857 2952. Kaartjies sal by die deur ook te koop wees, slegs kontant: Volwassenes: R150 / Onder-18’s: R50.