Franse poedels was een ras van vele honde wat die naweek by die Oudtshoorn hondeskou te sien was. Bo is die beoordeling besig om plaas te vind. Vanjaar was die 47ste keer wat die skou op Vrydag, Saterdag en Sondag in Oudtshoorn plaasgevind het. 250 honde het deelgeneem aan onderskeidelik die George en Oudtshoorn Kennel Klub-skoue oor die drie dae.
Daar was ook ’n spesialiteit Australiaanse Herdershond skou. Daar is 7 raskategorieë waarin honde deelneem. Hulle word opgedeel in die volgende klasse: ”gundog” soos die Weimeramers, herdershonde soos border kollies, “hound” waarin onder andere worshonde deelneem, “terriers” is vir honde soos jack russels, “toy” kategorie soos papillons, “utility” groep soos franse bulldogs en poedels en laaste die “working” klas waarin Duitse Herders-honde val en ook St Bernards om maar ’n paar te noem.
Elke ras kompeteer eers teen hul eie ras soos die poedels regs teen mekaar kompeteer. Die wenner van elke ras klas, kompeteer dan teen ander honderasse in dieselfde klas.
Daarna word die 7 wenners van elke verskillende klas teen mekaar geskou om die algehele wenner van die dag te kies in drie verskillende klasse vir die “Best in Show” kategorie: Veterane, wat ouer as 7 jaar moet wees, puppy en junior. Uit die drie word die algehele “Best in show” gekies wat dan die nr. 1 hond vir die dag is. Foto Geraldine Grimbeek
Honderde honde by Oudtshoorn se skou te sien
