Teksmark is ’n KKNK-projek, in samewerking met NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) en die Baxter-teatersentrum.
Die verhoog is slaggereed om aan jou verbeelding, unieke stories, intriges, kinkels en onvergeetlike karakters vlerke te gee by die agtste Teksmark, wat van Woensdag 30 Augustus tot Vrydag 1 September 2023 in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad aangebied word.
Of jy nou ’n gesoute of aspirant dramaturg is, hierdie uitnodiging vir voorstelle is jou kans om lewe te gee aan jou teatertekste wat nog nie op die verhoog te sien was nie, om die kollig op jou idees te fokus en hulle te laat floreer.
Teks-idees word in alle genres verwelkom, met spesiale fokus op komedie, satire en kinderteater.
Ons omarm die krag daarvan om lekker te lag, die impak van sosiale kommentaar en die verwondering en bekoring van jongmense se gedagtes.
Om jou teks-idee voor te stel benodig jy ’n tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en ten minste vyf bladsye se dialoog.
Die voorgestelde teks moet lank genoeg wees vir ’n optrede van ten minste tien minute.
Volledige tekste word ook verwelkom, maar is nie ’n vereiste nie.
Die sluitingsdatum vir voorstelle is Maandag 3 Julie 2023 om middernag.
Sedert die ontstaan van Teksmark in 2016, is 125 tekste ingesluit as deel van dié inisiatief, met 36 teks-idees wat in volskaalse produksies ont-wikkel is, waarvan verskeie bekroon is met ’n rits toekennings en pryse.
Vir meer inligting, besoek die KKNK se webblad by www.kknk.co.za/teksmark, of kontak Lizané Basson by lizane@kunste.org.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.
Dien vandag jou teksvoorstel per e-pos in na Daventia Kennedy by daventia@kunste.org.za en gee jou verbeelding vlerke met jou teks in die kollig!
Teksmark is ’n KKNK-projek, in samewerking met NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) en die Baxter-teatersentrum.
Die verhoog is slaggereed om aan jou verbeelding, unieke stories, intriges, kinkels en onvergeetlike karakters vlerke te gee by die agtste Teksmark, wat van Woensdag 30 Augustus tot Vrydag 1 September 2023 in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad aangebied word.
Of jy nou ’n gesoute of aspirant dramaturg is, hierdie uitnodiging vir voorstelle is jou kans om lewe te gee aan jou teatertekste wat nog nie op die verhoog te sien was nie, om die kollig op jou idees te fokus en hulle te laat floreer.
Teks-idees word in alle genres verwelkom, met spesiale fokus op komedie, satire en kinderteater.
Ons omarm die krag daarvan om lekker te lag, die impak van sosiale kommentaar en die verwondering en bekoring van jongmense se gedagtes.
Om jou teks-idee voor te stel benodig jy ’n tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en ten minste vyf bladsye se dialoog.
Die voorgestelde teks moet lank genoeg wees vir ’n optrede van ten minste tien minute.
Volledige tekste word ook verwelkom, maar is nie ’n vereiste nie.
Die sluitingsdatum vir voorstelle is Maandag 3 Julie 2023 om middernag.
Sedert die ontstaan van Teksmark in 2016, is 125 tekste ingesluit as deel van dié inisiatief, met 36 teks-idees wat in volskaalse produksies ontwikkel is, waarvan verskeie bekroon is met ’n rits toekennings en pryse.
Vir meer inligting, besoek die KKNK se webblad by www.kknk.co.za/teksmark, of kontak Lizané Basson by lizane@kunste.org.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.
Dien vandag jou teksvoorstel per e-pos in na Daventia Kennedy by daventia@kunste.org.za en gee jou verbeelding vlerke met jou teks in die kollig!
Gee jou kreatiwiteit vlerke met Teksmark
Foto geneem tydens Teksmark 2022 waar verskeie tekste voorgelê is. Foto: Nardus Engelbrecht