Hofsaak teen polisiegeneraal skop vandag op Oudtshoorn af

DIE verhoor van ’n polisiegeneraal wat te­regstaan op sewe aanklagte van crimen injuria begin vandag in die Oudtshoorn Landdroshof.

Sandra Thema (57) word daarvan aangekla dat sy op 7 November 2016 tydens ’n besoek aan die Oudtshoorn Polisie-akademie sewe opleidingsbeamptes na die verhoog geroep en voor sowat 450 rekrute op- en aanmerkings oor hul voor­koms gemaak het.

Sy het na bewering beledigende opmerkings gemaak oor hul kleredrag, gewig en velkleur onder toejuiging van die rekrute.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het na baie jare besluit om Thema vir crimen injuria te vervolg.

Sy het op 7 Junie vanjaar haar tweede verskyning in die hof gemaak en die saak is toe vir verhoor deur landdros Graehymme Williams tot vandag uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Hofsaak teen polisiegeneraal skop vandag op Oudtshoorn af"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*