VOLGENS ’n persverklaring van SASSA ( South African Social Security Agency) op 22 Maart is die volgende maatreëls daargestel vir Suid-Afrikaners om hul welsynstoelae binne die inperkingstydperk te kry:
• Die toelae vir persone met gestremdhede en pensioentrekkers sal op 30 en 31 Maart beskikbaar wees.
• Die res van die SASSA-ontvangers kan hul geld op 1 April onttrek.
Belangrike wenke op SASSA se webtuiste (www.sassa.gov.za) sluit die volgende in:
• Voorkeur moet aan ouer persone, moeders met klein babas en persone met gestremdhede gegee word.
• Alle uitreikprojekte na gemeenskappe en ook na klinieke, hospitale en huise is gestaak.
• Mense word gemaan om eerder hul kaarte te gebruik om kos te koop, in plaas daarvan om kontant te trek.
• SASSA-trekkers word versoek om nie hul geld op een slag te gebruik nie, en ook nie alle kontant op een slag uit hul rekening te trek nie.
• Mense moet een meter uitmekaar staan by die kitsbanke en tellers. (Deur Angelique Erasmus)
Hoe gemaak met SASSA?
