Hartroerende tonele by begrafnis van ma en vrou

Links: Aniel Johannes en sy seuntjie, Theo­niell (5), by die begrafnis van hul vrou en ma, Natasha Johannes. Foto: Deon Meyer

“JULLE was net een maand getroud, Aniel, maar ek het dikwels op Facebook gesien watter hegte en gelukkige gesinnetjie julle was,” het ’n sigbaar aangedane past John Plaatjies by die begrafnis van Natasha Johannes aan haar eggenoot gesê.

Die begrafnisdiens vir Natasha (28), wat op 7 November in ’n botsing buite Ladismith gesterf het, het Saterdag in die AGS Kerk in Nissenville, Ladismith plaasgevind.

Plaatjies het Natasha se moeder, Ro­baya Visagie, en haar eggenoot, Aniel Johannes, aangeraai om te huil oor hul verlies, maar om nie soos hopeloses te treur nie.

“Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee,” het hy aan die hand van Spreuke 10:12 gesê.

Aniel en Natasha se seuntjie, Theoniell (5), was op sy pa se arms by die begrafnis. Theoniell het verlede week rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig in die Rooikruis-kinderhospitaal ondergaan vir beserings wat hy tydens die botsing opgedoen het, en moet volgens sy pa voor Desember teruggaan vir verdere prosedures. (Deur Deon Meyer)

2 Comments on "Hartroerende tonele by begrafnis van ma en vrou"

  1. I’m so sorry for your loss 🙏🙏🙏🙏🌹🌹🌹

  2. Shame ds erg,die Here sal hle styf vas hou

Comments are closed.