SLEGS vyftien drawwers, waaronder nege besoekers, het Saterdag se eendeweer trotseer om die 264ste Oudtshoorn Parkrun aan te durf.
Bruce Maboza van Swellendam het ten spyte van die nat en glyerige baan die 5 km in ’n haastige 19 minute 3 sekondes afgeblits.
Christo Swanepoel van Oudtshoorn was tweede (20:57), met nog ’n Swellendammer, Redowaan Mert, derde (21:48). Aphiwe Ndukumbinie en Brian Jullies, ook van Swellendam, was onderskeidelik vierde en vyfde. Karen Styles, ook ’n besoeker, was die eerste vrou oor die eindstreep. Die res van die deelnemers, met hul tye was Aphiwe Ndukumbini (24:07), Brian Jullies (28:44), Geepee Smith (29:18), Schalk Cloete (31:27), Karen Styles (32:45), Maurice Wicomb (42:04), Pamela Marlow (42:27), André Venske (45:32), Jimmy Marlow (45:42), Garnett Wicomb (48:20), Adele van Wyk (58:44) en Miemie van Niekerk (1:01:09). (Deur Garnett Wicomb)
Vyftien durf nat Parkrun aan
