Agt oorlewendes van legendariese span kuier saam op Oudtshoorn

Die agt oorlewende spanlede is voor van links Japie Coetzee, Dawid Braats, Jeff Meyer en Desmond Williams, en agter van links Lester le Roux, Pat Wagenaar, Winston Coericius en Hekkie Murphy. (Foto verskaf)

DIE agt oorlewendes van ’n legendariese All Black-span van Oudtshoorn wat in 1973 die eerste en enigste span van die dorp geword het om die gesogte NCCR-trofee te kon wen, het verlede Donderdagaand na 48 jaar weer bymekaargekom en lekker op die dorp saamgekuier.

Die span het in 1973 teen Heidelberg op Riversdal in ’n harde wedstryd die eindronde van dié kompetisie gewen. Daar is kopstukke oor die betrokke wedstryd gepraat en hulde gebring aan die mede-spanmaats wat reeds oorlede is.

Morné Pietersen van Eden Fm het die byeenkoms bygewoon en ’n opname van die gesprek gemaak.