’N GAUTENGER wat hom op Oudtshoorn as ’n advokaat voorgedoen en ’n plaaslike sakeman uit meer as ’n halfmiljoen rand bedrieg het, is verlede Woensdag (30 Maart) in die Oudtshoorn Streekhof tot altesame 23 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Ronald Dale Harmse (50) is gevangenisstraf van 15 jaar opgelê vir bedrog, vyf jaar vir geldwassery en drie jaar daarvoor dat hy hom as ’n advokaat voorgedoen het. Hy het 27 vorige veroordelings, waaronder talle vir diefstal en bedrog.
Die sakeman wat deur Harmse bedrieg is, Matthys Slabbert, het vroeër getuig dat hy die geld op Harmse se versoek vir veilige bewaring in ’n trustrekening inbetaal het wat Harmse aan hom verskaf het. Harmse sou die geld terugbetaal het ná ’n bevel van die Hooggeregshof, maar het dit nooit gedoen nie.
Die provinsiale polisiekommissaris van die Wes-Kaap, luitenant generaal Thembisile Patekile, het sy tevredenheid uitgespreek met Harmse se vonnis en was vol lof vir diegene betrokke by die ondersoek vir hul toewyding wat gelei het tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding.
Harmse is op 14 Desember 2020 deur lede van die Wes-Kaapse georganiseerde misdaadeenheid in Krugersdorp in hegtenis geneem.
Harmse tot 23 jaar gevonnis
Ronald Dale Harmse (50)
My case is almost similar to this.This lawyer contacted me, after payment(15000) for a High Court application for debt review removal, nothing were done.What to do now, please advise??