Die hangbrug op Oudtshoorn, ’n nasionale gedenkwaardigheid wat verlede jaar omvattend herstel is na vandalisme, is weer gesluit nadat van die houtplankies op die loopvlak verwyder is (foto links). Verlede jaar is die torings aan weerskante van die brug in die oorspronklike rooi kleur geverf, die houtplankies op die brug vervang en met kreosoot behandel en die draad aan weerskante van die loopvlak herstel. Die hangbrug is in 1914 voltooi om inwoners te help om die Grobbelaarsrivier tydens die reënseisoen te kruis en in 1964 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Foto’s: Liesel le Roux
