Grootvoël Boeremusiekfees 2022 – Orkes 2: Ontmoet die orkeste!

Die lede van Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels. Foto verskaf

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels, die volgende boere-orkes in die Grootvoël Boeremusikfees se program, het ontstaan in 2004, en het sedertdien reeds 26 albums uitgereik.

’n Hele paar van hierdie albums het goue asook platinumstatus bereik – ’n bewys dat boeremusiekliefhebbers hul optrede beslis nie kan misloop nie.

Die groep het reeds vier keer aan die Grootvoël Boeremusiekfees deelgeneem, en sien uit daarna om ook in 2022 deel te wees.

Hul musiek word in ’n groot mate gekenmerk deur Jan Brits en Chris Oberholser se drie-vinger piekstyl. Hulle is ’n groep wat die voete laat jeuk sonder ophou.

Hennie de Bruyn en die Kitaarkerels is saamge-stel uit Hennie de Bruyn, leier van die groep asook ook leier- (lead) en ritmekitaar (rythym) en ritmiese bas; Dawie Beukus, baskitaar en ritme-kitaar; en Oubaas Joubert op leier- en ritme-kitaar.

Koop vandag nog jul kaartjies vir die 2022 Grootvoël Boeremusiekfees, geborg deur TFASA en Radio Namakwaland 93.4fm, wat op 23 en 24 September in die Hoërskool Oudtshoorn se skoolsaal plaasvind. Naweekkaartjies kos R140 en dagkaartjies slegs R80.

Gaan volg die fees op Facebook of kontak Brian Nieuwoudt by 082 322 7526, of Christo Wiese by 083 453 2806 vir verdere navrae.

Die Hardeveld Boereorkes

Die Hardeveld Boereorkes. Foto verskaf

Die Hardeveld Boereorkes, die derde boereorkes in die Grootvoël Boeremusikfees se program, is gestig deur musikale boere van Nuwerus en Van Rhynsdorp wat dikwels bymekaar kom om musiek en vermaak aan Namakwalanders te verskaf.

Die orkes poog om die tradisionele musiek van die Hardeveld, Duineveld en Sandveld te bevorder en te laat voortleef deur ’n sterk sosiale media teenwoordigheid wat oor die hele wêreld heen waardeer word. Elkeen van die drie orkeslede kan ’n verskeidenheid instrumente speel, en sodoende word die klein orkes geken aan sy “baie geluide en groot verskeidenheid”.

Die orkeslede is Johannes van der Colff op baskitaar en kitaar, Louis Brink op die konsertina en kitaar, en Pellie Brink, die sameroeper van die groep, op kitaar en die konsertina. Die drie manne speel sedert 2015 saam en was tussen 2016 en 2021 vergesel van Fritz Schoultz, wat die konsertina en banjo vir die orkes gespeel het.

Die Hardeveld Boereorkes is gewild by troues, partytjies, feeste en kerkbasaars in die Namakwaland en omliggende omgewing en is ook die amptelike boereorkes vir Radio Namakwaland 93.4fm se funksies en jaarlikse uitreik na ouetehuise in die Noord- en Wes-Kaap.

’n Groot versameling musiek en vermaak is beskikbaar op die orkes se webtuiste by:
www.hardeveldorkes.co.za

Koop vandag nog jul kaartjies vir die 2022 Grootvoël Boeremusiekfees, geborg deur TFASA en Radio Namakwaland 93.4fm, wat op 23 en 24 September in die Hoërskool Oudtshoorn se skoolsaal plaasvind.

Naweekkaartjies kos R140 en dagkaartjies R80.

Gaan volg die fees op Facebook of kontak Brian Nieuwoudt by 082 322 7526, of Christo Wiese by 083 453 2806 vir verdere navrae.