Groot boerboel-skou op Oudtshoorn lok groot en klein

’n Groot byeenkoms van boerboele die naweek by Kleinplaas op Oudtshoorn het boerboele van alle groottes en ouderdomme bymekaargebring om te sien wie die beste geteel is tydens ’n amptelike skou. Bo is van die eienaars en hul honde tydens een van die afdelings se beoordeling, waar elke aspek van hierdie unieke honde ondersoek word. Foto heelbo: Geraldine Grimbeek

Foto bo: Is Adré Steenkamp van Hazenjacht met een van die vele honde uit sy stoet wat hy ingeskryf het. Hierdie oulike brakkie, Elevation Skarumba, het Klas 1b-reuntjies tussen sewe weke en drie maande gewen. Foto verskaf