Gou spring vir laaste Vrouedag-kaartjies!

Vrouwees, gesondheid, bemagtiging en die lewe word op 21 November op Celebratio gevier wanneer dié granaatplaas se eerste vrouedag in same­werking met Die Hoorn aangebied word.

Dit beloof om ’n sielsverrykende dag te wees met formidabele sprekers en uitstallers asook heerlike eet- en drinkgoed.

Die ginekoloog en seksuoloog dr Marlena du Toit sal oor die mites en feite van seks en inti­miteit praat, terwyl die skrywer Tania Smit haar le­wenswyshede en ervarings sal deel.

Die uitstallers is die kunstenaar Glendine Chis­holm, wat van haar pragtige ware en afdrukke sal saambring; en Annemarie le Roux, wat ’n werk­skep­pingsprojek in Mosselbaai begin het waar pragtige kunsfigure, juwele, krale en selfs kleding­stukke uit afvalmateriaal en herwinbare lap ge­maak word.

Volgens Annemarie, ’n oud-inwoner van Oudtshoorn, noem hulle dit “slow fashion”.

Grundheim bring hul uitsonderlike gins en Jakkalsvlei kom spog met hul La Perlé Rosé, wat dubbelgoud by die onlangse Rosé Rocks-toekennings gewen het.

Bederf jouself vir ’n slag en kom kuier saam op die plaas. Slegs 40 kaartjies is nog beskikbaar.

Om te bespreek, bel Marita by 0823356059, stuur ’n e-pos met jou kontakbesonderhede aan info­@celebratio.co.za. Daar is ook ’n beperkte aantal kaartjies by Nostalgie op Oudtshoorn.

Slegs 40 kaartjies oor vir besonderse Vrouedag by Celebratio.