Rye bakkies staan en wag om tenks met gesuiwerde rioolwater te vul.
Deur Liesel le Roux
GESUIWERDE rioolwater behoort weer volgende Woensdag (20 Maart 2019) by die munisipale pompstasie in St Saviourstraat beskikbaar te wees vir gebruik in Oudtshoorn se droogtegeteisterde tuine.
Herstelwerk word tans by die pompstasie gedoen waar inwoners gratis van die die gesuiwerde rioolwater kan tap.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, is van die pompe en motors in die pompstasie beskadig en kon die water sedert einde verlede week nie meer verskaf word nie.
Hy het gewaarsku dat die publiek nie gesuiwerde rioolwater by die rioolplaas mag tap nie omdat dit ’n veiligheidsrisiko inhou.
“Ons vra verskoning vir die tydelike ongerief en kan inwoners verseker dat ons alles binne ons vermoë doen om die diens so gou moontlik te hervat.”