Hoewel hulle blykbaar ook betrokke is by die reWOLusie wat op Oudtshoorn broei, lyk dié personeellede van die PNA heel vreedsaam waar hulle hier doenig is. Van links is Angelica de Laan, Magda Berry, Gerna Nortier. Sarie Oktober, Shannen Oktober en Nicola Fourie. Foto: Christine Schoeman
DAAR broei glo ’n reWOLusie op Oudtshoorn.
Verskeie inwoners van Oudtshoorn het dit die afgelope weke aan Die Hoorn bevestig, maar meer kry ’n mens uit niemand nie.
Volgens betrokkenes is dit nie meer lank voordat die reWOLusie op die dorp gaan uitbreek nie.
“Mense gaan net een oggend opstaan, en dan is dit daar,” het ’n ingeligte bron die week gesê.
Volgens dié bron gaan daar egter baie beplanning en werk daarin om te verseker dié optrede verloop vreedsaam.
Sy sê daar is op hoë vlak in die dorp steun daarvoor en mense sal nie glo wie almal betrokke is nie.
“Ons wil ’n verandering bewerkstellig. En dit kom gou.
“Dalk kan julle al volgende week daaroor skryf,” het die persoon geheimsinnig gesê. (Berig deur Liesel le Roux)