George wen September se R10000!

Bo: George Marais (middel) is die tweede gelukkige wenner van R10000 in Timbercity Oudts­hoorn se kompetisie waarin kliënte kontantpryse van altesame R50000 gedurende die laaste vyf maande van 2021 kan wen. Die R10000-prys vir September is deur André van Greunen (links), eie­naar van Timbercity Oudtshoorn, aan Marais oorhandig. Regs is Shaun Westraad, takbestuurder van die winkel. Onder: Westraad saam met die ouditeur Jacobus Maloney wat die maandelike trekking doen. Drie pryse van R10000 kan nog aan die einde van Oktober, November en Desember gewen word.