Oudtshoorniete het met hartseer verneem dat die geliefde roosterkoek-tannie, Elsie van Beling (66) Saterdag oorlede is.
Sy was bekend vir haar roosterkoekstalletjie, Elsie Kleinbegin, op die hoek van Voortrekkerweg en Hoogstraat op Oudtshoorn. Elsie is na ’n kort siekbed oorlede.
Die stalletjie sal tot volgende week gesluit wees.
Elsie laat haar man, Gert asook twee seuns, vyf kleinkinders en een agterkleinkind agter.
’n Troosdiens was Woensdagaand by haar huis op Karoo Valley Farms gehou, en daar was gisteraand nog ’n troosdiens by die PPK-kerksaal in Askamp gehou.
Geliefde Elsie sterf
