DIE aansoek van ’n man van Warmbad, Calitzdorp om teen sy skuldigbevinding aan die verkragting van sy stiefdogter en sy 30 jaar-vonnis te appelleer, is in die Oudthsoorn Streekhof geweier.
Jonathan van Wyk (29) het onskuldig gepleit en aangevoer dat hy en sy stiefdogter in ’n geheime verhouding was en sy beide kere toestemming gegee het.
In die eerste voorval was die klaagster se ma dorp toe en is die beskuldigde deur sy eie 12-jarige dogter betrap.
In die tweede voorval het hy die klaer na sy oom se huis getrek waar hy die onderdeur oopgebreek en haar verkrag het.
Streeklanddros Ntsoki Moni het Van Wyk se redes dat die hof fouteer het met sy skuldigbevinding en dat die vonnis skokkend onvanpas is, verwerp, omdat sy van mening is dat daar geen vooruitsigte vir enige sukses in ’n ander hof is nie. (Deur Garnett Wicomb)