’n 25-Jarige man wat van verkragting aangekla word, se borgaansoek is Woensdag, 14 Februarie deur Landdros Stephanie Strydom in die Oudtshoorn landroshof afgekeur.
Die beskuldigde wat in Kandelaarsrivier woon, staan terreg op die aanklag van die verkragting van ’n minderjarige kind.
Hy pleit onskuldig en borgtog is geweier omdat die beskuldigde baie naby aan die slagoffer woon, en dat die hof die veiligheid van die minderjarige slagoffer moet verseker.
Die saak sal voortgesit word op 25 Maart. (Deur Lindi Brill)