Feesseisoen padblokkade

Verskeie rolspelers was betrokke by die padblokkades wat op 8 Desember by die ingang van Oudts-hoorn vanaf De Rust gehou is. Fotos verskafVerskeie rolspelers was betrokke by die padblokkades wat op 8 Desember by die ingang van Oudts-hoorn vanaf De Rust gehou is. Fotos verskaf

Lede van die SAPD, Provinsiale Verkeer, Munisipale verkeersbeamptes en -wetstoepassers het Vrydagoggend, 8 Desember ’n padblokkade buite Oudtshoorn gehou om besoekers sowel as plaaslike motoriste bewus te maak van padveiligheid tydens die feesgety.

Volgens die provinsiale verkeershoof op Oudtshoorn, was dit die eerste van verskeie padblokkades wat tydens die feesgety beplan word.

Vrydagaand is daar weereens ’n padblokkade by die uitgang na De Rust gehou deur SAPD, Provinsiale Verkeer, Munisipale Verkeer, Militêre Polisie, AfriForum, GPF en Ubuntu Sekuriteit.

Daar is 80 voertuie afgetrek en 8 verkeersboetes uitgereik, met die totale bedrag van R4 800.

Daar is inligtingsboekies oor misdaadvoorkoming uitgedeel en AfriForum-tydskrifte asook botteltjies water. (Deur Lindi Brill)