Erge hitte op pad!

INWONERS van die Klein Karoo moet hulle gereed maak vir baie hoë tempe­rature oor die volgende dae, en veral seker maak hulle is veilig. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan die kwik Saterdag tot 42 grade C en Son­dag tot ’n allemintige 44 grade C klim.

Die gesaghebbende Facebook-bladsy LandWater het ook vandeesweek ge­waarsku teen bloedige hitte in dele van die land, veral oor die naweek. Die inskrywing op LandWater lees: “Reken in dat hierdie doodmaak-temperature vir bejaardes, klein kinders en troetel­diere is, juis omdat die dag-op-dag-uitmergeling net toeneem (veral relevant vir bejaardes). Doen daarom moeite om te beskerm en te beveilig.”