‘n Unieke Valentynskonsert word Saterdag 12 Februarie op die granaatplaas Celebratio buite Oudtshoorn aangebied waar Suid-Afrika se eie Neil Diamond, Johan Liebenberg, al dié superster se grootste treffers gaan sing, insluited “Sweet Caroline”, “Desiree”, “Kentucky Woman” en “Play Me”. Die produksie, Diamond for Valentine’s, is saamgestel deur Liebenberg, wat al bekendheid verwerf het vir sy Neil Diamond-vertolkings. Hy bring sy orkes saam na dié heerlike kuieraand onder die sterre van die Klein Karoo. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by www.celebratio.co.za of kontant by Postnet Oudtshoorn in die Queen’s Mall. Die Hoorn is die mediaborg. Kos- en wynstalletjies is beskikbaar.