Erdvark grawe Jan van Riebeeckweg onder stof!
Vele Oudtshoorniete het Maandagoggend gekyk en weer gekyk na dié hoop grond in Jan van Riebeeckweg net by Bergsig verby op pad na Oewersig. Die gat op die sypaadjie langs die hoop grond het verraai dat dit die potewerk van ’n ywerige erdvark was wat die vorige nag vir hom of haar ’n tuiste langs die pad wou inrig.
Foto: Angelique Erasmus